
Die vakansiehuis is hoog op die oostelike duin in Wildernis geleë, 'n eksklusiewe gebied wat bekend is vanweë sy privaatheid en pragtige strand met unieke rotsformasies - steeds ongerep aangesien geen geboue sigbaar is nie. Die huis is 100 m vanaf die see: ons kan die geruis van die branders hoor en na ons "private" strand in 5 minute stap. Omdat ons teen die suidelike helling van die hoogste duin geleë is op die punt waar die strandpad die verste van die N2 is, hoor ons geen verkeersgeraas nie.
La Retraite Wildernis is besonder geskik vir mense wat 'n hoë premie op vrede, privaatheid en harmonie met die natuur plaas. Die rustigheid en die pragtige see- en berguitsigte mag help om ons gaste innerlike te laaf en hul kreatiwiteit te verkwik - 'n "retraite" in die ware sin van die woord.
Kliek op die foto om 'n groter weergawe te sien.
Die huis (totale oppervlakte 225m²) is ideaal vir twee families van vier persone elk of 'n groot groep van 8 persone. Daar is 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die boonste verdieping is 'n oop plan kombuis/eetkamer/sitkamer. Dit het skuifdeure wat na twee houtdekke lei. Die groter noordelike dek bied 'n pragtige uitsig op die Outeniqua bergreeks. Vanaf die suidelike dek kan 'n asemrowende uitsig op die see en die baai geniet word, veral in die somer wanneer die son oor die see sak.
Kliek op die foto om 'n groter weergawe te sien.
 
'n 
Groot tuin (1500m²), 'n skaduryke braai terras onder groot melkhoutbome, 'n 
bedekte lapa, drie houtdekke, satelliet TV, 'n DVD speler met hoëtrou klank en 
'n ruim geteëlde dubbelmotorhuis/speelkamer bied heelwat geleenthede vir 
vermaak in alle weersomstandighede.
 Die boonste verdieping 
is 'n oop plan kombuis/eetkamer/sitkamer met pragtige see-, baai- en 
berguitsigte.
Die boonste verdieping 
is 'n oop plan kombuis/eetkamer/sitkamer met pragtige see-, baai- en 
berguitsigte.
Kliek op die foto om 'n groter weergawe te sien.
Die kombuis is besonder goed toegerus 
met kabinette van Burmese teak en Kaapse geelhout, asook geïntegreerde 
huishoudelike toestelle van Bauknecht, Bosch en Siemens. Die yskaste, vrieskas 
en skottelgoedwasmasjien is tegnies so vervaardig dat dit skaars hoorbaar is. 
Daar is ook 'n mikrogolfoond en 'n warmlaai om die huishouding te ondersteun. 
Etes word by 'n groot ronde tafel (sitplek vir 10) met Volkwyn stoele genuttig. 
Die eetkamerstel in Kaapse tradisionele styl is keurig gemaak deur een van die 
beste skrynwerkers in die Kaap. Satelliet TV en 'n DVD speler met hoëtrouklank 
kan musiek en vermaak aan die hele boonste verdieping verskaf.
Alle 
slaapkamers is toegerus met paneelverwarmers, plafonwaaiers en glas skuifdeure 
wat na die buite onthaal area onder die groot melkhoutbome lei. Die slaapkamers 
het vrystaande hangkaste van pragtige soliede hout (om muwwerigheid te voorkom 
wat gewoonlik in ingeboude kaste naby die kus aangetref word).
Kliek op die foto om 'n groter weergawe te sien.
 
 
Die westelike eenheid op die grondverdieping bestaan uit twee slaapkamers, elk 
met sy eie badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte bed met 'n 
tradisionele Kersiehout kopstuk wat van die VSA ingevoer is. Die kamer is 
gemeubileer met 'n niertjievormige lessenaar, bedkassie, twee stoele, 'n groot 
spieëlkas en twee geweltop hangkaste. Slaapkamer 2 het twee enkelbeddens, 
bedkassie, twee hangkaste, 'n spieëlkas (alles van soliede Kiaat) en 'n 
gemakstoel. Beide slaapkamers het skuifdeure wat toegang gee tot 'n onderdak 
patio langs die braai terras. Daar is ook twee mobiele elektriese 
handoekrelings. 
 
Die 
oostelike eenheid bestaan uit twee slaapkamers en 'n badkamer. Slaapkamer 3 
is baie ruim met twee enkelbeddens, 'n groot kabinet van Stink- en Kaapse 
geelhout, 'n Cheval spieëlkas van swarthout, en 'n dubbele hangkas. Dit spog ook 
met 'n mezzanine (ekstra slaapruimte vir die kleinspan), 'n eie wasbak en 
satelliet TV. Slaapkamer 4 het sy eie badkamer met stort, wasbak en 
toilet. Dit is toegerus met 'n groot hangkas, koningingrootte bed, bedkassies en 
'n pragtige spieëlkas van swarthout.
 Ons waskamer is toegerus met 'n outomatiese wasmasjien en 'n tuimeldroër 
(beide Speed Queen). Die huis beskik oor uitstekende sekuriteit: 'n 
toesluitmotorhuis, elektroniese alarm, gewapende reaksie, en 'n kluis om 
waardevolle items in te stoor.
 
Ons waskamer is toegerus met 'n outomatiese wasmasjien en 'n tuimeldroër 
(beide Speed Queen). Die huis beskik oor uitstekende sekuriteit: 'n 
toesluitmotorhuis, elektroniese alarm, gewapende reaksie, en 'n kluis om 
waardevolle items in te stoor.
Die romantiese kusdorpie, Wildernis, het sy naam te danke aan 'n bruid wat haar geliefde versoek het om haar weg te neem uit die probleme van die 19de eeu nadat haar ouers aan die Oosgrens vermoor is. Sy het uit een van die bekoorlikste melodieë van Felix Mendelsohn, "Hear my prayer", aangehaal:
"In the Wilderness build me a nest, and remain there for ever at rest."
Volgens oorlewering het hy lank gesoek voordat hy hulle ideale tuiste by die monding van die Touw rivier in die Suid-Kaap gevind het. Hulle het langs 'n meer digby die see gaan woon. Die eiendom het as Wildernis bekend geraak...
Kliek op die foto om 'n groter weergawe te sien.
Sedert sy 
ontstaan was Wildernis sinoniem met vrede en harmonie. Vrede, soos alle skaars 
en kosbare items, val nie sommer in 'n mens se skoot nie. Ons moet dit gaan 
haal. In hierdie verband het La Retraite Wildernis baie om te bied. Die strand 
voor die huis is die enigste ongerepte standgebied in Wildernis - geen huise is 
sigbaar vanaf die strand nie.
Natuurliefhebbers sal bederf word met 
alles wat die omgewing bied. Daar is pragtige wandelroetes waar spesies soos die 
Groot Koningvisvanger, die Knysna Loerie en die Visarend in hul natuurlike 
habitat gesien kan word. Die warm water van die Indiese Oseaan, die uitgestrekte 
sandstrande en drie mere bied talle geleenthede aan watersport entoesiaste. Ons 
het twee bergfietste (Cannondale) en twee "paddle skis" wat op aanvraag 
beskikbaar is. 
 
Ons 
roeping is om verblyf aan mense te bied wat 'n hoë premie op vrede, 
privaatheid en harmonie met die natuur plaas.
Ons is verbind tot 'n konstante lewering van baie goeie kwaliteit (drie ster gradering) in die algemene standaard van sowel inrigting as dienslewering.
Ons neem deel aan die nasionale graderingstelsel van die "Tourism Grading Council of South Africa". Ons het ingestem dat ons huis gereeld deur 'n geakrediteerde assessor beoordeel word. Ons onderwerp onsself aan die gedragskode van die Toerismebedryf in Suid-Afrika.

La Retraite Wilderness het ook geakrediteerde lidmaatskap van Wilderness Edo-Tourism Association.
 
See en berguitsigte
Loop na die strand in 5 minute
Nuwe huis (2001) met kwaliteitafwerking
Vloeroppervlakte: 225 m²
Satelliet televisie
DVD & Hoëtrou klank
Telefone beskikbaar (Telkom "Pre-paid")
Familievriendelik
Groot buite onthaalarea
Groot Melkhoutbome
Groot private tuin (1500m²)
Plafonwaaiers en paneelverwarmers in alle kamers
Uitstekende sekuriteit
Dubbelmotorhuis vir veilige parkering
Hoë kwaliteit huishoudelike toestelle
Tafeltennis (Olimpiese grootte)
Twee bergfietse en twee paddle skis
Geen verkeersgeraas
Drie ster gradering (The Tourism Grading Council of SA)
 
   
    
   
    
Daniel en Jolanda Nel