-
Die groter noordelike
dek bied 'n pragtige uitsig op die Outeniqua bergreeks.
-
Vanaf die suidelike dek
kan 'n asemrowende uitsig op die see en die baai geniet word, veral in die
somer wanneer die son oor die see sak.
-
Die kombuis is besonder goed toegerus
met kabinette van Burmese teak en Kaapse geelhout, asook geïntegreerde
huishoudelike toestelle van Bauknecht, Bosch en Siemens.
-
Etes word by 'n groot ronde tafel (sitplek vir 10) met Volkwyn stoele
(Kaapse tradisionele styl).
-
Satelliet TV en 'n DVD
speler met hoëtrouklank kan musiek en vermaak aan die hele boonste
verdieping verskaf.
-
Die vloere is bedek met
hoë kwaliteit keramiekteëls wat vanaf Frankryk (France Alfa) ingevoer is.
Persiese tapyte gee warmte.
Kabinet met leerinlegblad
|
 |